| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Dawid bring die Ark na Jerusalem oor. 2 SAM 6:1 : DAARNA het Dawid weer al die uitgesoektes in JisraEl, dertigduisend, versamel; 2 SAM 6:2 : en Dawid het hom klaargemaak en met al die mense opgetrek wat by hom was, van Báäle-JeHûWdah, om die Ark van die Elohim, waaroor die Naam uitgeroep is, die Naam van JaHWeH van die leërmagte wat op die Gérubs troon, daarvandaan te gaan haal. 2 SAM 6:3 : En hulle het die Ark van die Elohim op 'n nuwe wa vervoer en haar uit die huis van Abinádab, wat op die heuwel is, gebring. Terwyl Ussa en Agjo, die seuns van Abinádab, die wa drywe, 2 SAM 6:4 : met die Ark van die Elohim, het Agjo voor die aangesig van die Ark geloop. 2 SAM 6:5 : En Dawid en die hele huis van JisraEl het voor die Aangesig van JaHWeH gespeel met allerhande [instrumente] van sipreshout, naamlik met siters en harpe en tamboeryne, en bekkens en simbale. 2 SAM 6:6 : En toe hulle by die dorsvloer van Nagon kom, het Ussa sy hand uitgesteek na die Ark van die Elohim en haar vasgehou, want die osse het gestruikel. 2 SAM 6:7 : Daarop het die Woede van JaHWeH teen Ussa ontvlam, en die Elohim het hom daar getref oor dié vergryp, sodat hy daar by die Ark van die Elohim gesterf het. 2 SAM 6:8 : En Dawid het ontroerd geword, omdat JaHWeH 'n skeur aan Ussa geskeur het; daarom het hy daardie plek genoem Peres-Ussa, tot vandag toe. 2 SAM 6:9 : En Dawid het daardie dag vir JaHWeH bevrees geword en gesê: Hoe kan die Ark van JaHWeH na my kom? 2 SAM 6:10 : Daarom wou Dawid nie die Ark van JaHWeH by hom in die Stad van Dawid laat inkom nie, maar Dawid het haar na die huis van Obed-Edom, die Gittiet, laat wegdraai. 2 SAM 6:11 : En die Ark van JaHWeH het drie maande in die huis van Obed-Edom, die Gittiet, gebly, en JaHWeH het Obed-Edom en sy hele huis geseën. 2 SAM 6:12 : En toe aan koning Dawid meegedeel is: JaHWeH het die huis van Obed-Edom en alles wat aan hom behoort, geseën ter wille van die Ark van die Elohim, het Dawid gegaan en die Ark van die Elohim met vreugde uit die huis van Obed-Edom na die Stad van Dawid gebring. 2 SAM 6:13 : En toe die draers van die Ark van JaHWeH ses treë geloop het, het hy 'n bees en 'n vetgemaakte kalf geslag. 2 SAM 6:14 : Daarby het Dawid met alle mag gedans voor die Aangesig van JaHWeH; en Dawid was omgord met 'n linneskouerkleed. 2 SAM 6:15 : So het Dawid en die hele huis van JisraEl dan die Ark van JaHWeH met gejuig en ramshoring geklank opgehaal. 2 SAM 6:16 : Toe die Ark van JaHWeH die Stad van Dawid inkom, kyk Migal, die dogter van Saul, juis deur die venster en sien koning Dawid huppel en dans voor die Aangesig van JaHWeH; en sy het hom in haar hart verag. 2 SAM 6:17 : Nadat hulle dan die Ark van JaHWeH ingebring en haar op haar plek neergesit het binne-in die Tent wat Dawid vir haar opgeslaan het, het Dawid brandoffers en vergoeding gebring voor die Aangesig van JaHWeH. 2 SAM 6:18 : Toe Dawid gereed was met die brandoffer en vergoeding, het hy die volk in die Naam van JaHWeH van die leërmagte geseën 2 SAM 6:19 : en aan die hele volk, die hele menigte van JisraEl, manne sowel as vroue, aan elkeen een broodkoek en een stuk vleis en een rosynekoek uitgedeel. Daarop het die hele volk elkeen na sy huis gegaan. 2 SAM 6:20 : Toe Dawid terugkom om sy huisgesin te seën, het Migal, die dogter van Saul, Dawid tegemoetgegaan en gesê: Hoe het die koning van JisraEl homself vandag geëer, dat hy homself vandag voor die oë van die slavinne van sy dienaars ontbloot het soos een van die ligsinnige mense hom somaar ontbloot! 2 SAM 6:21 : Maar Dawid sê vir Migal: Voor die Aangesig van JaHWeH wat my verkies het bo jou vader en bo sy hele huis, deur my as vors aan te stel oor die volk van JaHWeH, oor JisraEl - ja, voor die Aangesig van JaHWeH sal ek vrolik wees! 2 SAM 6:22 : En ek sal my nog geringer ag as dit - ek sal nederig wees in my eie oë en met die slavinne van wie jy gepraat het, met hulle sal ek myself eer. 2 SAM 6:23 : En Migal, die dogter van Saul, het tot die dag van haar dood geen kind gehad nie. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |